Internasionale Geregshof lewer tussentydse uitspraak in Israel-volksmoordsaakJanuary 26, 2024

Die Internasionale Geregshof in Den Haag het in ‘n tussentydse uitspraak in die Israel-volksmoordsaak die land beveel om maatreëls te tref om dade van volksmoord in die Gaza-strook te voorkom, en moet oor een maand terugrapporteer. Die hof het ook beveel Israel moet aanhitsing tot volksmoord in die Strook voorkom en straf, en moet humanitêre hulp in die Strook toelaat. Die hof verplig Israel om meer maatreëls te tref om Palestyne te beskerm, maar beveel dit nie om militêre operasies in die Strook te beëindig nie. Regter Joan Donoghue, president van die hof, sê die hof voel dit is nodig dat dit “sekere maatreëls aandui” om die regte te beskerm wat deur Suid-Afrika geëis word.