Internasionale Energie-agentskap verwerp Afrika se elektrisiteitstrajek

‘n Nuwe verslag deur die Internasionale Energie-agentskap, getiteld Electricity 2024, onthul die aanvraag na elektrisiteit per capita regoor Afrika staan reeds vir drie dekades botstil. Die agentskap sê dit het ‘n nadelige uitwerking op ekonomiese ontwikkeling en groei. Die verslag wys daarop in 2023 het ongeveer 600 miljoen mense in Afrika nie toegang gehad tot elektrisiteit nie. Die verwagting is Afrika se bevolking sal teen 2030 vinnig groei en daar is ‘n dringende behoefte aan bykomende kragvoorsiening.