Shell soek groter gebied in PEL 39

Shell werk aan planne om 10 400 vierkante kilometer op sy eksplorasiegebied PEL 39 in die Oranjebekken te bekom. Shell Namibia Upstream het ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir 3D seismiese waarnemings op ‘n deel van die lisensie. Die maatskappy het dokumentasie ingedien om die lisensie te wysig en te hernu. Hy is van voorneme om 3D-waarnemings bykomend tot seebodemnodus-data te verkry. Laasgenoemde verskaf duideliker data as dié wat deur tradisionele seismiese opnames ingesamel word. Shell se klaringsertifikaat het in Junie 2021 verval. Onder vorige goedkeurings het die maatskappy 2 500 vierkante kilometer 3D in 2014 geskiet en nog 6 000 vanaf September 2018 tot Januarie 2019. Dit het in 2019 nog 1 400 in PEL 39 se oostelike deel bekom. PEL 39 beslaan 12 299 vierkante kilometer.