Komitee sal eers volgende week oor brandstofprys vergader
Die ministerie van myne en energie het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die komitee wat die brandstofprys vir Februarie moet bepaal eers volgende week sal vergader en dus is daar op die oomblik niks om oor te berig nie. Sommige plaaslike ekonome het voorspel dat daar moontlik ‘n geringe styging in die prys kan wees terwyl ander meen dit sal onveranderd gelaat word. Brent het wel in die afgelope 30 dae met ‘n persent gedaal en net meer as 2 persent in die afgelope week. Die ministerie het in Desember oorverhalings van 123 sent per liter petrol aangeteken sowel as oorverhalings van tussen 106 en 117 sent per liter diesel.