Ingrypings by trae groenskemas lyk so…
Namibië het 11 groenskema projekte in staatsbesit, met agt daarvan onder regeringsbeheer terwyl die res deur private firmas bedryf word. AgriBusDev, ‘n staatsbeheerde entiteit wat die regering se groen-inisiatiewe bestuur het, is in Junie 2021 ontbind. Landbou-minister Calle Schlettwein het vroeër gesê die ministerie is besig met die implementering van ‘n plan om die mislukte projekte onder die regering se beheer te laat herleef. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die ministerie se woordvoerder, gepraat wat hul ingrypings uiteensit.