Azapo waarsku oor betogings as kragprys styg
Die Azanian People’s Organisation het ‘n waarskuwing uitgereik oor moontlike betogings indien die regering die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, se voorstel sou goedkeur om elektrisiteitstariewe te verhoog. Gordhan het ‘n gemiddelde opwaartse aanpassing van 18,65 persent vir 2023/24, en 12,74 persent vir die 2024/25 boekjaar versoek. Azapo se adjunkpresident, Kekeletso Khena, sê hul burgerlike versetoptrede teen verlede jaar se tariefverhoging het geen verandering opgelewer nie. Khena voer aan Eskom benodig ‘n einde aan wanbestuur en korrupsie eerder as bykomende fondse: