Namibië kry aansienlike belegging in bewaringsgebied

Legacy Landscapes Fund het aangekondig dat ‘n toekenningsooreenkoms geteken is om aansienlike befondsing van 1 miljoen Amerikaanse dollar per jaar, tans sowat 19 miljoen Namibiese dollar, vir minstens 50 jaar te verskaf aan die bewaringsgebied Skeleton Coast-Etosha-brug in Noordwes-Namibië. Die streek bestaan uit veelvuldige beskermde gebiede, gemeenskaplike bewareas en hul buffersones. Hierdie langtermynbefondsing sal bydra tot die doeltreffende bestuur van bewaringsbrandpunte, broodnodige pogings tot klimaatveerkragtigheid versterk, plaaslike bevolkings se lewensbestaan bevorder en kwesbare wildspesies beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteitsnavorsingsentrum by die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie, gepraat oor hoekom hierdie ooreenkoms belangrik is.

Professor Hauptfleisch lê die Legacy Landscapes Fund se belangrikheid uit.