Leerlingdokter skuldig aan verkragting van breinbeseerde pasiënt

Die leerlingdokter Dennis Noa is skuldig bevind aan die verkragting van ‘n 18-jarige manlike breinbeseerde pasiënt op 11 April 2021. Landdros Victor Nyazo het die uitspraak in die Windhoek-streekshof gelewer. Noa het regdeur die saak die klagtes teen hom ontken. Die saak sal weer op 20 Februarie voor die hof kom vir voorleggings voor die vonnis. Fatima Fernandes, van die kantoor van advokaat James Diedericks wat vir Noa verskyn het, wou nie kommentaar lewer op ‘n vraag of ‘n appêl oorweeg word nie. Palmer Khumalo was die staatsadvokaat. Noa is die seun van die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie Kommissie, Paulus Noa. Sy tweeling broer Donbaldt is op 17 Desember 2020 dood in ‘n girokopter ongeluk oos van die hoofstad.