Kaapstad-hawe se probleme knou vrugteboere
ʼn Onafhanklike ontleder sê probleme by Kaapstad se hawe moet dringend opgelos word. Massiewe agterstande en vertragings het ontstaan as gevolg van toerusting wat breek, ʼn tekort aan arbeid, gebrekkige instandhouding, ʼn afname in produktiwiteit, asook sterk winde. Vrugteboere is gedwing om hulle handelseisoen met ʼn agterstand te begin. Sommige vrugte-uitvoere is 60 persent laer as verlede jaar. Mbuso Zulu sê die terugslag in vrugte-uitvoere is kommerwekkend: