Gesondheidsorg vorder, maar daar’s nog baie werk

Die Khomas-streeksraad maak vordering met die voorsiening van gesondheidsdienste aan inwoners. Volgens die raad se voorsitter, Shaalukeni John Moonde, is die konstruksie van ‘n voorafvervaardigde uitreikkliniek by Mix-nedersetting voltooi, terwyl werk by die Hakahana kliniek 70 persent voltooi is. Die opknapping van 1,5 miljoen dollar van die Donkerhoek-kliniek is voltooi, asook die opknapping by die Katutura Gesondheidsentrum teen 1,6 miljoen dollar. Renaani Musutua van die Basiese Inkomste Toelaag Koalisie van Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die regering het egter nog baie werk om te doen.