Die Arktiese “zombie-virusse” van Siberië

Die mensdom staar moontlik ‘n nuwe vreemde pandemie in die gesig waarsku wetenskaplikes. Antieke virusse wat in die Arktiese grond vas gevries is, kan moontlik vrygestel word soos die aarde se klimaat warmer word. Stamme van die Methusalem-mikrobes of ook beter bekend is as “zombie-virusse” is reeds geïsoleer deur navorsers wat vrese opper dat ‘n nuwe wêreldwye mediese noodgeval veroorsaak kan word nie deur ‘n nuwe siekte nie maar, deur ‘n ou siekte uit die verre verlede. Gevolglik het wetenskaplikes begin om ‘n Arktiese monitor-netwerk te beplan wat vroeë gevalle van siektes wat deur antieke mikro-organismes veroorsaak kan word, te kan identifiseer, kwarantyn en kundige mediese behandeling te bied aan besmette persone in ‘n poging om ‘n verspreiding van die virusse te bekamp.

ENORME MIKROBE: Die grootste virus wat nog ooit ontdek is. Die Pithovirus sibericum is opgewek uit 30 000 jaar oue gevriesde grond. In hierdie elektronemikroskoop-beeld rus die 1,5 mikrometer lange virus in ‘n amoeba.

Fotot verskaf: JULIABARTOLI EN CHANTAL ABERGEL, IGS EN CNRS-AMU