Verstedeliking toets Khomas-streeksraadJanuary 19, 2024

Verstedeliking bring groot uitdagings vir die Khomas-streeksraad, aangesien dit ontwikkelingsplanne en dienslewering, soos die voorsiening van skoon water en sanitasie, belemmer, sê Raadsvoorsitter Shaalukeni Moonde. Hy het by die raad se amptelike opening gepraat en bygevoeg hulle het ‘n begroting van 4,5 miljoen Namibiese dollar toegeken vir watervoorsiening in Windhoek se landelike gebiede gedurende die huidige finansiële jaar. ‘n Begroting van 1,7 miljoen dollar is ook bewillig vir die bou van 103 droë toilette. Vyf huishoudings het reeds spoeltoilette gekry ingevolge die loodsprojek om droë toilette te omskep na die spoelstelsel.