Mbumba, Nandi-Ndaitwah by spitsberaad in UgandaJanuary 19, 2024

Visepresident Nangolo Mbumba is in Uganda om deel te neem aan die 19de spitsberaad van die Onverbonde Beweging. Mbumba word vergesel deur adjunkpremier Netumbo Nandi-Ndaitwah en senior regeringsamptenare. Die Onverbonde Beweging bevorder ontwikkelende lande se belange en vorm die grootste blok lande by die Verenigde Nasies. Tans is ‘n sleutelfokus die versterking van die VN-ontwikkelingstelsel vir die versnelde verwesenliking van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte. Die internasionale betrekkinge-ministerie sê ‘n ministeriële vergadering het onder meer die noodsaaklikheid beklemtoon om samewerking te verbeter om ontwikkelende lande se behoeftes aan te spreek.