Rory kan in Dubai koning kraaiJanuary 18, 2024
Die viermalige major-wenner Rory McIlroy sê hy het ná sy tweede plek in die Dubai-uitnodigingstoernooi verlede week ʼn kans om die Dubai Desert Classic wat vandag begin, te wen. Die wêreld se nommer twee was verlede week by die uitnodigingstoernooi op pad na ʼn oorwinning toe sy een hou oor baansyfer by die laaste putjie en Tommy Fleetwood se twee agtereenvolgende voëltjies hom gekelder het. McIlroy, wat mik vir ʼn vierde Dubai Desert Classic-trofee, sê daar is ʼn paar dinge wat hy na verlede week kan verbeter: