Warriors verras, verstom en bekoor met Afcon-oorwinning
Namibië se Brave Warriors het geskiedenis gemaak en vir ‘n Afrikabeker verrassing gesorg deur die sterk Tunisië met 1 – 0 te klop in hul eerste Groep E-wedstryd by die toernooi in Ivoorkus. Dit is die Warriors se eerste oorwinning in ‘n Afrika-beker wedstryd, in hul vierde eindronde. Die Warriors, op 115 op die wêreldranglys, is 87 plekke onder Tunisië wat 28ste is. Deon Hotto het die wendoel vir Namibië aangeteken. Die span se volgende wedstryd is ‘n grote – teen Bafana Bafana. Dit vind Sondagaand om tien-uur plaas.