Boulter hoor in Mei oor vervolging
Uitspraak in die saak waar die Britse sakeman en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, poog om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien word op 17 Mei vanjaar verwag. Regter Herman Oosthuizen het vandag hoofbetoë aangehoor. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in Februarie 2021 in die Kamanjab-distrik.