VN sê hulp aan Gaza is uiters kompleks, uitdagend

Die Verenigde Nasies se Hulp- en Werke-agentskap vir Palestynse Vlugtelinge sê die humanitêre operasie in Gaza het vinnig een van die mees komplekse en uitdagendste in die wêreld geword. Meer as 100 dae sedert die begin van die Israel-Hamas-konflik duur intense Israeliese bomaanvalle steeds voort oor ‘n groot deel van die Gaza-strook, met meer as 24 000 Palestyne wat reeds dood is. Die agentskap se kommissaris-generaal, Philippe Lazzarini, sê die krisis in Gaza is ‘n mensgemaakte ramp wat vererger word deur ontmenslikende taal en die gebruik van voedsel, water en brandstof as oorlogsinstrumente.