Polisiebeamptes aangekla van moord, ontvoering
Vier openbare orde-polisiebeamptes in Suid-Afrika word aangekla van moord en ontvoering. Hulle sal na verwagting in die landdroshof in Cradock in die Oos-Kaap verskyn vir ‘n formele borgtogaansoek. Dit volg op hulle inhegtenisneming deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat. Opod se woordvoerder, Phaladi Shuping, sê die beamptes het na bewering die slagoffer aangerand en aan die einde van hulle skof bewusteloos agtergelaat. Hy is aangetref deur die beamptes op die volgende skof, wat sy dood in aanhouding aangemeld het.