Fleetwood vat hom in Dubai
Tommy Fleetwood van Engeland het voëltjies behaal op die laaste twee putjies en die Dubai-uitnodigingstoernooi met een hou voor Rory McIlroy van Noord-Ierland en die Suid-Afrikaner, Thriston Lawrence gewen. McIlroy was een hou voor toe hulle by die laaste putjie kom, maar sy afslaanhou het in die water beland. Die Engelsman het die ongelooflike 16-voet-voëltjie behaal om die titel op te raap. Lawrence het saam met McIlroy op 18 onder klaargemaak. Fleetwood sê dit was belangrik om gefokus te bly, veral oor die laaste twee putjies: