Kriminele chaos keer hulp aan Soedanese
Die moord op hulp-werkers, plundering van pakhuise en afpersing van vragmotorbestuurders is van die “verregaande” redes waarom hulp nie die miljoene Soedanese mense bereik wat dit nodig het nie, volgens ‘n VN-humanitêre baas. In ‘n plasing op sosiale media platform X sê Martin Griffiths, die ondersekretaris-generaal vir humanitêre sake, dat miljoene mense in Soedan nou humanitêre hulp benodig maar veels te min van hulle kry dit. Soedan gaan gebuk onder byna nege maande van oorlog, waarin meer as 12 000 burgerlikes en soldate gesterf het. Die Verenigde Nasies sê meer as sewe miljoen mense is ontheem.