Irema-projek in Kunene ‘presteer uitstekend’

Die 130 miljoen Namibiese dollar Irema-projek is in Junie 2019 van stapel gestuur om kleinboere in die Fransfontein-, Sesfontein- en Warmquelle-gebiede te help om in die klimaatsverandering-omgewing te oorleef. Lede van die Omgewings-beleggingsfonds van Namibië se projek-bestuurskomitee en senior leierskap van die landbouministerie, was op ‘n driedaagse toer om die projek se vordering te inspekteer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lot Ndamanomhata, die fonds se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, wat sê die projek presteer uitstekend.