Heroorweeg jou steun vir Israel: Geingob aan Duitsland
President Hage Geingob doen ‘n beroep op die Duitse regering om sy besluit te heroorweeg, om as ‘n derde party in te tree ter verdediging en ondersteuning van Israel voor die Internasionale Geregshof. Die president spreek in ‘n verklaring diepe kommer uit oor die Duitse regering se verwerping van Suid-Afrika se klagte dat Israel volksmoord teen Palestyne in Gaza pleeg. Hy sê Duitsland kan nie ‘n morele verbintenis tot die Verenigde Nasies se Volksmoordkonvensie uitspreek nie, insluitend versoening vir sy volksmoord in Namibië, terwyl dit die ekwivalent van ‘n slagting en volksmoord in Gaza ondersteun nie.