Eerste VN-troepe verlaat DR Kongo in April

Sowat 2 000 VN-troepe sal teen einde April die onrustige oostelike gebiede van die Demokratiese Republiek van die Kongo verlaat, in die eerste fase van die vredesending se beplande onttrekking uit die land. Die VN-Veiligheidsraad het die einde van die sending in Desember goedgekeur, ná ‘n versoek deur die Kongolese president Felix Tshisekedi om die onttrekking van die vredesmagte te versnel. Die huidige 13 500-sterk mag, bekend as Monusco, het in 2010 by ‘n vroeëre VN-operasie oorgeneem om onveiligheid te help bedwing, waar gewapende groepe oor grondgebied en hulpbronne veg.