Israel verwerp SA pleidooi vir beskerming van Gaza-Palestyne
Israel sê Suid-Afrika se pleidooi vir voorlopige maatreëls om Palestyne in Gaza te beskerm, ontbreek regverdiging. Hulle voer aan die militêre operasie is Israel se reg op selfverdediging, wat voldoen aan internasionale humanitêre reg. Die Internasionale Geregshof in Den Haag, in Nederland, sal na verwagting oor ‘n paar weke uitspraak lewer oor hierdie voorlopige maatreëls, wat moontlik ‘n pouse in die oorlog sal veroorsaak. Israel se adjunk-prokureur-generaal, Gilad Noam, waarsku egter voorlopige maatreëls kan sekerheids-pogings belemmer en Hamas versterk, wat ‘n groter bedreiging inhou.