Inflasiekoers het nie impak op elektrisiteitstariewe, sê Molale
Die jaarlikse inflasiekoers vir behuising, water, elektrisiteit, gas en ander brandstowwe, wat 28,4 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, het ‘n verhoging van 3,4 persent gedurende Desember 2023 geregistreer, volgens die jongste syfers van die Namibië Statistieke-agentskap. Dit is hoër as die 2,1 persent inflasie wat in Desember 2022 aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het met Ferdinand Molale, die woordvoerder van die Elektrisiteitsbeheerraad, gepraat wat sê die inflasiekoers sal nie elektrisiteitstariewe beïnvloed nie.
Molale moedig die publiek aan om die elektrisiteitsbesparingswenke op hulle webblad te volg.