Israeli volksmoord-beslissing ‘sal nog lank vat’
Die Ceasefire Centre for Civil Rights verwag dat dit lank sal duur voordat ʼn beslissing bereik word of Israel in Palestina dade gepleeg het wat op volksmoord neerkom. Suid-Afrika het sy volksmoordsaak teen Israel in die Internasionale Geregshof in Den Haag in Nederland voorgelê, en Israel antwoord vandag daarop. Die organisasie se direkteur, Mark Lattimer, sê die hof sal nou slegs voorlopige maatreëls soos ʼn verbod of tussentydse bevel oorweeg. Dit kan egter jare duur voordat ʼn besluit oor die meriete van die saak geneem en ʼn finale uitspraak gelewer word.