Regering het parlementstuine toegemaak oor protesoptogte, sê Mudge

Reaksie word ontvang op die parlementstuine in die hoofstad wat nog steeds toe is, nadat dit sewe jaar gelede gesluit is vir opknappings. Die ministerie van werke moet glo nog die ablusieblokke voltooi voordat die tuine weer vir die publiek oopgemaak kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, wat sê die tuine was eintlik toegemaak oor die proteste wat gereeld daar plaasgevind het en dit is ‘n skande dat dit nog steeds toe is.