Kospryse styg verder in Desember
Inflasie vir Desember is op 5,3 persent gemeet maar, voedselpryse styg steeds. Groente was 17,8 persent duurder met koffie en tee, sowel as vrugte wat elk met 14,4 persent gestyg het. Vis was 13,5 persent duurder met suiwel en eiers wat met 13,2 persent gestyg het. Koeldrank, minerale water en sap was op met 9,3 persent terwyl suikerprodukte met 8,6 persent gestyg het. Vleis het ‘n prysstyging van 6,5 persent aangeteken met brood en grane wat 1,9 persent duurder geword het. Die prys van olies het vette het met 2,2 persent gedaal.