IMF voorspel globale inkrimping, hoe raak dit Namibië?
Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel ‘n globale ekonomiese afplatting hierdie jaar van 2.9 persent, terwyl hoë rentekoerse wêreldwyd na verwagting ook uitdagings sal veroorsaak vir maatskappye en verbruikers. Ekonome sê Suid-Afrika se energieprobleme, die komende verkiesing en ‘n gespanne fiskale situasie gaan ook die ekonomiese landskap daar uitdagend maak. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie by die Universiteit van Namibië gepraat, wat sy insigte deel oor die vooruitsigte vir Namibië.