Erongo-polisie maak N$81 600 se dwelmvondsJanuary 11, 2024
‘n Intelligensie-geleide polisie operasie het gelei tot ‘n dwelmvonds ter waarde van 81 600 Namibiese dollar op Walvisbaai. Die 42-jarige man is agtervolg tot hy by die noordelike taxi-laaisone op die dorp. Hy was volgens die mag op pad Noorde toe. Hy is daar voorgekeer en in sy rugsak is amper 1,5 kilogram dagga, ‘n halfmaan en drie blokke sogenaamde crack-kokaïen en 20 Mandrax-pille. Die ondersoek duur voort.