Jeugraad maak planne vir 2024

Die Nasionale Jeugraad het verskeie planne vir die jaar wat volgens die uitvoerende voorsitter, Sharonice Busch, die hele spektrum van jeug-uitdagings dek. Busch het die raamwerk so uiteengesit.

Namibië beoog om teen 2030, 26 000 werksgeleenthede in die groen nywerheidsektor te skep. Die jeugraad begin met sy voorbereiding in veral inligtingsessies oor die industrie in ‘n poging om die jeug te bemagtig om voordeel daaruit te kan trek. Busch verduidelik.