2024 se Guiness Book of World Records vandag te koop

Die Guinness Book of World Records 2024 is vandag op die rakke. Van die indrukwekkendste prestasies wat in die boek ingesluit is, is die 73-jarige Amerikaner, Ginny MacColl, wat tans die wêreld se oudste mededingende vroulike ninja-atleet is. Die Verenigde Arabiese Emirate het die grootste samekoms ooit aangebied van mense wat soos ruimtevaarders aangetrek is en die 940 deelnemers het een reuse-tree tot in die rekordboeke gegee. Amanda Staalsoe van Denemarke het die meeste spronge binne 30 sekondes op ‘n perd se rug voltooi en spog met ‘n rekord van 13.