Olie styg op Rooi See kommerDecember 20, 2023

Brent ru-olie neig terug na 80 Amerikaanse dollar ‘n vat en het met amper 5 persent in die afgelope week gestyg. Op die oomblik is die kommoditeit net onder 80 dollar, aangedryf deur die uitdagings in die Rooi See. Daar is kommer oor wêreldwye handel en skeepsvragvervoer na aanvalle deur Jemen se Houthi’s op vaartuie wat die Rooi See benut. Die stygings kom ten spyte van die aankondiging dat die VSA en nege ander lande die gebied sal beveilig deur middel van ‘n spesiale taakmag. Meer as 12 vervoermaatskappye sowel as die oliemaatskappy BP het reeds die roete vir hulle vaartuie gekanselleer. Die roete om die suidepunt van Afrika maak vrag baie duurder.