Spring so bankslenters vry oor feestyd
Die uitvoerende hoof van FNB Entry Wallet in Suid-Afrika, Zibu Nqala, het kliënte gewaarsku om uiters versigtig te wees wanneer hulle outomatiese tellermasjiene gebruik. Sy sê daar is gewoonlik ‘n skerp styging in kontantontrekkings tydens die feestyd en ‘n toename in OTM-verwante bedrog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met FNB Namibië se forensiese bestuurder, Ingrid Katjiukua, wat wenke deel om slenters vry te spring.