Pat Cummins nou duurste IPL speler ooit

Krieket: Die kaptein van die Australiese Wêreldbeker-wenspan, Pat Cummins, is nou die duurste speler in die geskiedenis van die Indiese Premierliga nadat Sunrisers Hyderabad bykans 47 miljoen Namibiese dollar vir sy dienste opgedok het. Die snelbouler, wat vanjaar se IPL weens ʼn oorvol dagboek misgeloop het, het die rekord van 41 miljoen dollar verbygesteek wat verlede jaar deur die veelsydige Engelse speler, Sam Curran, opgestel is. Die snelbouler het gedurende die onlangse eindstryd om die Wêreldbeker teen Indië in Ahmedabad ʼn skare van nagenoeg 100 000 stilgespeel toe hy die ster-kolwer, Virat Kohli, skoongeboul het en is wyd lof toegeswaai toe hy Australië tot die titel aangevoer het.