Mashaba het glo planne om SA ekonomie te red
Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê Suid-Afrika se ekonomie is in ‘n krisis met rekordvlakke werkloosheid en onvolhoubare vlakke van ongelykheid. Volgens die party het hy ‘n plan om die land om te keer deur ekonomiese groei te stimuleer om miljoene uit armoede op te hef en die hoop wat alle Suid-Afrikaners in 1994 gekoester het, te laat herleef. Mashaba sê ActionSA word deurgaans aangevuur deur Suid-Afrika se potensiaal om ‘n meer gelyke, regverdige en voorspoedige toekoms te skep.