Leap-beamptes se misdaadbestryding vorder goed
Die Wes-Kaapse regering doen ‘n beroep om inwoners om met beamptes van die wetstoepassings-bevorderingsplan, Leap, gedurende die feestyd saam te werk om veiliger gemeenskappe te skep. Die beamptes het verlede maand 27 vuurwapens gekonfiskeer en 1 253 mense tussen 30 Oktober en 3 Desember in hoë-misdaad gebiede in hegtenis geneem. Die LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het die Leap-beamptes se onvermoeide pogings geloof om misdaad te bestry en hy moedig inwoners aan om hulle te ondersteun. Allen doen ‘n beroep vir groter waaksaamheid tydens die vakansieseisoen om moontlike toename in misdadige bedrywighede aan bande te lê.