Nog twee van EFF skuldig aan minagting
Die Suid-Afrikaanse parlement se Komitee oor Magte en Voorregte het sy verhoor oor die gedrag van die EFF-parlementslede Khany Ceza en Nazier Paulsen Donderdag afgesluit. Die twee is skuldig bevind aan minagting van die parlement ná hulle gedwonge verwydering uit die Nasionale Vergadering op 30 Augustus 2022, tydens ‘n voorval wat gekenmerk is deur ontwrigtings en irrelevante orde-punte. Hulle moet nou nie net vir President Cyril Ramaphosa om verskoning vra vir hulle optrede nie, maar hulle gaan ook vir ‘n maand sonder salarisse geskors word.