Niehaus sluit aan by EFF

Die voormalige ANC-lid en leier van die African Radical Economic Transformation Alliance, Carl Niehaus, het voor volgende jaar se verkiesing by die EFF aangesluit. Niehaus het tydens ‘n nuuskonferensie gesê sy party, wat homself insluit, sal as individuele lede by die EFF aansluit, en dus nie vir die komende verkiesing registreer nie. Hy het ook ‘n beroep op oudpresident Jacob Zuma gedoen om nie ‘n voorstander vir die regerende party te wees nie. Niehaus, wat verlede jaar uit die ANC geskop, het ‘n politieke wending geneem om hom by die EFF te skaar.