Katutura-inwoners ruk op na Staatshuis
Inwoners van Katutura ruk vanoggend op na Staatshuis, vir die soveelste keer, oor Stad Windhoek wat die dienste van RedForce gebruik om skuld in te vorder. Die inwoners het onlangs ook opgeruk, saam met die inwoners van Okahandja wat, onder andere, ook oor RedForce kla. Die inwoners sê ook voorafbetaalde meters moet deur die Stad voorsien, geïnstalleer en betaal word. Die groep het ook ‘n petisie vir die Nasionale Vergadering opgetrek maar die is reeds in reses vir die jaar. Hulle sê die president moet eenvoudig na hulle luister.