EU-leiers het ander prioriteite as net Oekraïne
Leiers van die Europese Unie kom byeen in Brussel en op die agenda is die Oekraïne. Die lande het oorweldigend gestem dat die land by die EU kan aansluit maar, leiers is verdeeld oor befondsing en bystand aan die land in sy stryd teen Rusland. ‘n Amerikaanse kenner in Europese aangeleenthede Dominic Thomas sê Europese lande het ander uitdagings wat op die oomblik hulle aandag aflei.