Ethiopiër kry lewenslange vonnis vir moord
Die Lichtenburgse streekhof in Noordwes het ‘n Ethiopiër, Abraham Abebe Ergicho, tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord, en 15-jaar op elk van twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede. Die hof het hom verder ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Sy skuldigbevinding spruit uit ‘n voorval in 2018 by ‘n vulstasie waar hy Francois Swart tydens ‘n rooftog noodlottig gewond het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Henry Mamothame, sê die hof het die staat se oproep om lewenslange vonnis gehandhaaf, met verwysing na Ergicho se meedoënlose optrede: