80% van Suid-Afrikaners vertrou nie leiers nie
Agt uit tien Suid-Afrikaners sê hulle glo nie nasionale leiers is bekommerd oor hul welstand nie. Die opname toon ook ‘n afname in vertroue in openbare instellings, met ten minste ‘n derde wat wantroue in die parlement en die regbank uitspreek. Volgens die Instituut vir Geregtigheid en Versoening behou meer as 70 persent van die respondente hul trots om Suid-Afrikaans te wees en spreek hoop uit vir positiewe verandering ten spyte van uitdagings. Die opname dui op ‘n vertrouens-krisis, veral in politieke leierskap en openbare instellings.