Toeriste ‘moenie met groot bedrae geld reis’
Die nou gereelde rooftogte op toeriste in die land maak steeds opslae in die bedryf, veral na die nuus van ’n Spaanse egpaar wat by ‘n lodge net buite Etosha Nasionale Park beroof is terwyl hulle geslaap het. Die egpaar het kontant en items ter waarde van 191 400 Namibiese dollar verloor, insluitend juwele, kameras en lense en horlosies. Peter Boer van Tourism Against Crime het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat toeriste nie met sulke groot bedrae geld moet reis nie.