Gaza-wapenstilstand ‘nie einde van die pad’

Die president van die Giwusa-vakbond in die buurland, Mametlwe Sebei, verwelkom die oorweldigende stem deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering vir ‘n onmiddellike wapenstilstand in Gaza. Sebei sê dit is egter nie die einde van die pad nie. Hy sê mense moet hul voortdurende massa-optrede regoor die wêreld verskerp om te verseker die resolusie en eise word afgedwing. Volgens Sebei is baie van die state wat vir die resolusie gestem het, net so ondersteunend oor en verstrengel in Sionistiese belange as die Westerse imperialisme wat dit ondersteun.