Oorlogsmisdade in Sudan, sê VSA 

Die Verenigde State sê dat Sudan se mededingende magte albei oorlogsmisdade in hul wrede konflik gepleeg het. Antony Blinken, minister van buitelandse sake, het die bevindinge van die Amerikaanse staatsdepartement oor die geweld aangekondig. Beide die Sudannese weermag en die Rapid Support Forces het gruwelike geweld en vernietiging regoor Sudan ontketen, volgens Blinken, met burgerlikes wat die swaarste kry.