Messi vat Time se Sportster van die JaarDecember 6, 2023
Die Argentynse en Inter Miami-voorspeler Lionel Messi is as Time-tydskrif se Sportster van die Jaar aangewys. Hy sluit hom aan by sterre soos die gimnas Simone Biles, die swemmer Michael Phelps en die basketbalster LeBron James wat in die verlede die toekenning ontvang het. Die 36-jarige Messi het in Julie vir Miami begin speel en het reeds elf doele in 14 wedstryde in al die kompetisies aangeteken, waarmee hulle hul heel eerste trofee – die Leagues Cup – verower het. ‘n Senior sportskrywer van die tydskrif, Sean Gregory, sê Messi is stellig die beste sokkerspeler ooit: