NWR betreur swak Namibiese ondersteuning
Die Namibia Wildlife Resorts het teleurstelling uitgespreek oor die relatief min aantal Namibiërs wat reisgeleenthede binne die land gebruik. Van November 2022 tot November 2023 het amper 512 000 inwoners Namibia Wildlife Resorts se fasiliteite besoek maar net 22 622 was Namibies. Kosmos 94.1 Nuus het met NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala gepraat …
Dit is nie bekend of die alombekende swak diens en infrastruktuur die lae ondersteuning aandryf nie. Die syfers kan ook ‘n aanduiding wees van die ekonomiese druk wat Namibiese huishoudings ervaar. Die NWR sê hy sal probeer om met meer inisiatiewe vorendag te kom om plaaslike reisigers aan te moedig.