ANC moenie appelleer teen hofbeslissing oor beurtkrag nieDecember 5, 2023
Die Suid-Afrikaanse Health and Allied Workers Indaba Trade Union, Haitu, maan die regering om nie te appelleer teen die Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak verlede week oor beurtkrag nie. Die hof het die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, beveel om teen 31 Januarie alle moontlike stappe te doen om seker te maak openbare hospitale, klinieke, skole en polisiestasies word nie deur beurtkrag geraak nie. Die hof het bepaal beurtkrag skend talle grondwetlike regte. Haitu se president, Rich Sicina, sê die regering moet ʼn einde bring aan beurtkrag: