Studie wys redes vir Kaapstad-kindersterftes uitDecember 4, 2023
Die Universiteit van Kaapstad sê ‘n studie deur ‘n kandidaat PhD-gegradueerde, Zulfah Albertyn-Blanchard, het bevind padverkeersongelukke is die tweede grootste oorsaak van sterftes onder kinders wat in die Stad Kaapstad woon. Die studie het verder bevind dat meer as 50 persent van kinderbeserings wat tot sterftes lei, in alle ouderdomsgroepe plaasvind. Die woordvoerder, Ridovhona Mbulaheni, sê ouer seuns van tussen 15 en 17 jaar oud, is meestal dood weens moord, deur hoofsaaklik geweldadige beserings met skerp voorwerpe.